WELKOM BY PIMANKUS
Jou betroubare vennoot in die bestuur van die graan- en oliesaad-voorsieningsketting.
As Pimankus is ons trots daarop om ’n vertroude waardekettingbestuurder en handelaar van graan en oliesade te wees.
Sedert ons in 2000 ons deure geopen het, ondersteun ons boere en meulenaars met die regte kundigheid, kennis en ervaring in elke stap van die proses — van voorraadbestuur en aflewering, tot verskansing deur termyn- en opsiekontrakte via JSE-makelaars, die finansiering van graan deur finansiële instellings, en die vervoer van fisiese graan vanaf die plaas of silo na die meule
Danksy ons goed gevestigde en geoptimaliseerde stelsels en strukture kan ons kliënte doeltreffend bedien regoor Suider-Afrika, met ’n spesifieke fokus op Suid-Afrika, Namibië en Botswana.
Ons verstaan die onsekerheid waarmee boere en meulenaars te make kry wanneer dit by graanpryse kom, en hoe belangrik pryssekerheid vir hul besigheid is. By Pimankus is ons doel om ons kliënte gemoedsrus te gee, met die wete dat hulle die best moontlike prys én advies ontvang – dat die groei van hul besigheid, nou en in die toekoms, werklik vir ons saak maak.
ONS PRODUKTE:

Mielies
(Wit & Geel | Nie-GMO & GMO)

Koring

Sorgum

Sojabone

Sonneblom-saad

Suikerbone
ONS DIENSTE:

MULTIGRAAN- & OLIESAAD-HANDEL
Pimankus verbind boere, verwerkers, vervaardigers, fasiliteite, verskepers en vervoerders met ons netwerk om te verseker dat alle belanghebbendes die beste produkte en dienste teen mededingende pryse ontvang.

VOORSIENING-KETTINGBESTUUR
Pimankus ondersteun ons kliënte in elke stadium van die landbou-voorsieningsketting – van die administrasie van voorraad en aflewerings, tot verskansing en finansiering, voorraadberging en vervoerdienste na die meule toe.
HOEKOM MOET JY PIMANKUS KIES?
Ons Kundigheid, Bereik & Strukture
Geloofwaardigheid & Deursigtigheid
Betroubaar & Betrouenswaardig
ONS BEREIK
Ons kan kliënte diens deur Suiderlike Afrika.
PIMANKUS WORD VERTROU DEUR:








